Lista archport

Mensagem

[Archport] Shipwreck now safely on land

Subject :   [Archport] Shipwreck now safely on land
From :   "Alexandre Monteiro" <no.arame@gmail.com>
Date :   Fri, 10 Oct 2008 10:48:18 +0100

Afinal era um navio árabe.... ;) O original e a tradução para o inglês, mais abaixo:

http://www.republikein.com.na/politiek-en-nasionale/skatskip-nou-veilig-op-land.74474.php



"Skatskip nou veilig op land

Republikein, 10.10.2008

DIE São João (Bom Jesus), 'n indrukwekkende driedek Portugese handelskip wat gedurende 1533 aan die weskus van Afrika vergaan het, is na 500 jaar uit sy seegraf op Oranjemund gelig. Die herwinning van die sestiende eeuse skeepswrak het vandeesweek 'n hoogtepunt bereik toe die oorblywende houtraamwerk ten aanskoue van 'n hoëvlak regeringsafvaardiging van die wraktoneel verwyder is.

In nog 'n opspraakwekkende deurbraak het argeoloë op die toneel nou ook op Arabiese munstukke uit die sestiende eeu afgekom. "Ons is hoogs tevrede. Alles het goed afgeloop," het dr. Peingeondjabi Shipoh, die hoof van die herwinning- en reddingsoperasie op Oranjemund aan Republikein gesê.

Navorsing in Duitsland en Portugal het intussen aan die lig gebring dat die skip met sy vrag skatte moontlik die Bom Jesus of S. Joao van kaptein Dom Francisco de Noronha kan wees. Portugese geskiedkundige werke het egter aangedui dat dié vaartuig van die 1533 armada by die Kaap van Goeie Hoop gesink het.

Geen verdere besonderhede is bekend nie. 'n Portugese geskiedkundige en mariene argeoloog, dr. Alexandre Monteiro, wat vroeër vanjaar verantwoordelik was vir die identifisering van die meer as 2 000 muntstukke uit die skeepswrak, het aan Republikein gesê sy aannames oor die identiteit van die skip is gegrond op geskiedkundige verwysings en kruisverwysings asook 'n "ingeligte raaiskoot" dat die wrak moontlik die Bom Jesus is.

"My ingeligte mening is dat dit moontlik die oorblyfsels kan wees van die vaartuig van (skeepskaptein) Dom Francisco de Noronha, moontlik die Nau São João Boaventura van die eerste vloot van 1533 wat onder bevel gestaan het van Dom João Pereira. "Die vorige kapteins (van die São João Boaventura) was Lourenço de Paiva, Diogo Brandão, Dom Gonçalo Coutinho, Simão da Veiga en Nuno Furtado de Mendoça," het die navorser per e-pos uit Duitsland laat weet.

Dr. Monteiro het vroeër ook die muntstukke geïdentifiseer as cruzados wat vanaf 1525 geslaan is. Die bevinding het alle bespiegeling dat die skip aan die ontdekkingsreisiger, Bartolomeu Dias, behoort het, nek omgedraai. Dr. Monteiro was ook verantwoordelik vir die identifisering van die etlike tonne koperballe aan die Duitse Fugger-kenmerk.

Dr. Shipoh, wat pas uit Oranjemund teruggekeer het waar hy betrokke was by die lig van die oorblywende houtraamwerk van die skip, het gister gesê hy is nog nie ingelig oor die moontlike identiteit van die skip nie. Dr. Shipoh was saam met die Minister van Jeug, Nasionale Diens, Sport en Kultuur, mnr. Willem Konjore, die Minister van Myne en Energie, mnr. Erkki Nghimtina en die Minister van Inligting en Kommunikasietegnologie, mnr. Joel Kaapanda, op Oranjemund.

Dr. Shipoh het ook aangekondig dat die Regering toestemming verleen het dat die herwinningsoperasie so lank kan duur as wat nodig is en dat geen sperdatum nou meer geld vir die verwydering van die skip en sy vrag nie. "Die navorsers sou gister die laaste houtstukke verwyder het en daarna eers kyk wat nog onder die wrak is.

Ons het nog goue en silwer munstukke gekry en ook munstukke uit Arabië. "Hierdie is nie nou meer 'n noodreddingspoging nie, maar 'n totale herwinning. "Daar is 'n algemene reël dat herwinningspanne altyd iets op die toneel agterlaat.

In hierdie geval is die toneel sewe meter onder die watervlak en daar bestaan geen rede waarom van die wrakstukke of artefakte agtergelaat moet word nie. "Die plek gaan deeglik gemerk word vir toekomstige verwysings en vir die nageslagte en alles wat gevind is, sal in 'n museum bewaar word," het dr. Shipoh gesê.

Christo Retief"



"Shipwreck now safely on land The Sao Joao (Bom Jesus), an impressive triple deck Portuguese trading ship, what went missing during 1533 on the west coast of africa, has been "lifted" from it's seagrave at Oranjemund. The recovery of the 16th century wreck reached a climax this week, when the remaining wooden frame was removed in the presence of a high ranking delegation. In another exciting breakthrough, archeaologists on the site, discovered 16 century Arabian coins. "We are extremely happy, everything went well", said Sr.Shipoh, the head of the recovery and rescue operation at Oranjemund (told the Republikein). Research in Germany and Portugal has meanwhile revealed that the treasure ship could possibly be the Bom Jesus of S. Joao , captained by Dom Franciso de Noronha. Portuguese historians have pointed out that the vessel was part of the 1533 Armada that sank of the Cape of Good Hope. No further details are available, a Portuguese historian and underwater archaeologist, Dr Alexandre Monteiro, who was earlier this year responsible for the identification of more than 2000 coins from the wreck, told the Republikien, that in his opinion about the identity of the ship, is based upon the historical references and cross references as well as an "intelligent guess", that the wreck might possibly be the Bom Jesus. "It is my educated guess that the recovered artifacts from the wreck could be those of the ship of captain Dom Francisco de Noronha, possibly the Nau Sao Joao Boaventura of the first fleet of 1533, under the command of Dom Joao Pereira. The other ships Captains were Lourenço de Paiva, Diogo Brandão, Dom Gonçalo Coutinho, Simão da Veiga e Nuno Furtado de Mendoça," the researcher informed us, via email from Germany. Dr.Monteiro had earlier identified the coins as cruzados which were minted from 1525 onwards. The discovery put paid to all suggestions that the ship belonged to the explorer , Bartolomeu Dias. Dr. Monteiro was also responsible for the identification of the large quantity(tons) of copper balls, due to the German Fugger trademark. Dr.Shipoh, who recently returned to Oranjemund , where he was present for the lifting of the remaing wooden frame of the ship, said yesterday that he has not yet been informed on the possible name of the ship. Dr.Shipoh was with the The Minister of Youth, National Service, Sport and Culture, Mr. Willem Konjore, the minister of Mines and Energy, Mr Erkkie Nghimtina and the minister of Information and Communications technology, Mr Joel Kaapanda, at Oranjemund. Dr. Shipoh also announced that the government had given permission that the recovery operation would continue for long as was neccessary and that no final (conclusion) date would apply to the ship and it's cargo. "The researchers would have concluded the removal of the last wooden pieces yesterday and then seen what lay under the wreck and we have recovered more gold and silver coins and coins from Arabia." This is no longer an emergency rescue anymore, but a total recovery. There is a general concensus that a recovery team always leaves something behind at a site. In this case the site is seven metres under water level and there is no reason why any parts of the wreck or artifacts need to be left behind. The site will be thoroughly marked for future references, reports drawn up and everything that has been recovered will be preserved in a museum, stated Mr Shipoh. Christo Retief





Mensagem anterior por data: [Archport] Portugal sem qualquer direito ao espólio da nau quinhentista afundada ao largo da Namíbia Próxima mensagem por data: [Archport] 6º ENCONTRO DE ARQUEOLOGIA DO ALGARVE (23 A 25 DE OUTUBRO)
Mensagem anterior por assunto: [Archport] Shipwreck explorers in race against time Próxima mensagem por assunto: Re: [Archport] Shipwreck now safely on land